SAPD se taakspanne vorder goed met ekonomiese misdade

President Cyril Ramaphosa sê om pogings teen ekonomiese sabotasie te versterk, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens 20 ekonomiese-infrastruktuur-taakspanne in die land aangestel. Hiervan is 18 op distriksvlak en twee op provinsiale vlak. Ramaphosa sê tussen Junie verlede jaar en einde Junie vanjaar het die taakspanne meer as 4 000 mense in hegtenis geneem. Dit sluit oortredings in soos beskadiging van basiese en noodsaaklike infrastruktuur en afpersing by boupersele: