Samwu moet vir staking verantwoordelik gehou wordOctober 13, 2023

Die DA in Tshwane het die afdanking van ʼn hooggeplaaste amptenaar van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie verwelkom. Hy word betrek by ʼn voorval waar ʼn vullisvragmotor aan die brand gesteek is. Die amptenaar is geïdentifiseer as die vakbond se adjunk- streeksvoorsitter. Munisipale werkers wat aan Samwu behoort, staak al drie maande lank oor ʼn salarisgeskil met die stad. Kwena Moloto van die DA sê Samwu hou vol om betrokkenheid by die vernietigende en onwettige staking te ontken, maar hulle moet nou aanspreeklik gehou word: