Russiese Olimpiese Komitee geskors
Die uitvoerende raad van die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee met onmiddellike effek geskors. Dit volg nadat Rusland streeksorganisasies van vier Oekraïnse gebiede erken het wat hy onwettig geannekseer het sedert die inval van sy buurland vroeg verlede jaar. Volgens die IOK is die erkenning ‘n oortreding van die Olimpiese Handves omdat dit die Nasionale Olimpiese Komitee van Oekraïne se gebiedsintegriteit skend. Die IOK sal in ‘n later stadium besluit of Russiese atlete toegelaat sal word om neutraal deel te neem aan volgende jaar se Spele in Parys.