Nuwe boogskietklub vestig hom in Walvisbaai
Die nuutgestigde Atlantis Boogskietklub in Walvisbaai sal op 25 November hul eerste fondsinsamelingsgeleentheid aanbied. Boogskutters Katelynn en JL sal op ‘n teiken vanaf 50 meter skiet, terwyl boogskutters De Villiers en Correen op ‘n teiken vanaf 10 meter sal skiet. Alle boogskutters sal ‘n maksimum van 36 pyle skiet. Die hoofdoel van hierdie fondsinsameling sal wees om toerusting vir die klub en al die boogskutters aan te koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die klub se stigter, Marius Venter, gesels.