Iere gewaarsku teen All BlacksOctober 13, 2023
Die Ierse veteraan, Conor Murray, waarsku sy spanmaats om ‘n beter weergawe van die All Blacks te wagte te wees in môre se Wêreldbeker-kwarteindstryd in Parys. Die 34-jarige skrumskakel, wat in sy vierde Wêreldbeker-toernooi speel, hoop sy land sal deurdring na die voorlaaste ronde nadat hul in die vier vorige toernooie in die kwarteindronde verloor het – in 2019 in Japan teen Nieu-Seeland. Die All Blacks het tot dusver in die toernooi nie beïndruk nie, maar Murray sê ‘n gekweste Nieu-Seeland is altyd ‘n angswekkende vooruitsig.