Hamas het geen basiese standaarde van ordentlikheid nie
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê terroriste-organisasies soos Hamas het geen ontsag vir die oppergesag van die reg, humanitêre reëls en regte, of enige standaard vir menslike ordentlikheid nie. Hy het Israel besoek waar hy dié land verseker het van Amerika se volle ondersteuning. Hy sê hy en Israel se leierskap het maniere bespreek om die humanitêre behoeftes van mense wat in Gaza woon, aan te spreek. Blinken sê Hamas gebruik burgerlikes in Gaza as menslike skilde en plaas hulle doelbewus in gevaar om hulleself te beskerm: