Fase een van groenwaterstof-hervulstasie skop af
Bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai het ‘n aanvang geneem. Son-energie sal daar benut word om ‘n skoon en hernubare bron van waterstof te skep, wat ‘n eko-vriendelike oplossing vir die streek se vervoerbehoeftes bied. Dit bied ook die moontlikheid van meer ontwikkeling en werkskepping in die gebied. Kosmos 94.1-nuus het by Eike Krafft, ontwikkelingskomiteelid van Cleanergy Solutions Namibia, uitgevind waarop fase een van die projek sal fokus.