Stamgrappe ‘is nie snaaks nie’
Reaksie word nog steeds ontvang op arbeidsminister Utoni Nujoma wat in die Nasionale Vergadering gesê het Namibiërs in die suidelike dele van die land is te lui om putlatrines te bou. Nujoma het sy medewetgewer McHenry Venaani in die rede geval terwyl hy sy mosie oor Namibië se uiters lae vlakke van sanitasie gemotiveer het.
Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, het aan Kosmos 94.1 gesê stamgrappe is nie snaaks nie en uiteindelik vestig dit skewe beelde van verskillende groeperings in die land.