SA sal uitvoer-eiers na winkelrakke herlei
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy beplan om eiers wat uitgevoer moes word na verskeie winkelrakke te herlei weens die tekort aan eiers in die land. Die eierbedryf sal na raming eers ná 18 maande herstel weens die uitbreking van voëlgriep. Abongile Balarane van die vereniging sê byna 30 persent van Suid-Afrika se eierproduksie word geraak. Hy het ook bevestig Suid-Afrika sal hom tot die invoer van poeier- en vloeibare eiers wend te midde van die tekort.