Onteienings-wetsontwerp is ongrondwetlik
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika het ʼn nuwe onteieningswet nodig, maar die huidige Onteienings-wetsontwerp is ongrondwetlik, ondermyn eiendomsreg en hou groot gevare in vir die land se reeds sukkelende ekonomie. Die wetsontwerp is daarop gemik om Artikel 25 van die Grondwet te verander, om eiendom vir openbare doeleindes of in openbare belang te onteien met regulasies vir vergoeding. Die instituut se woordvoerder, Mlondi Mdluli, sê hulle sal seker maak die eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners word nie verder verswak nie: