Ongwediva kry nadelige ouditopinie
Die ouditeur-generaal het ‘n nadelige ouditopinie oor die 2021-22 boeke van Ongwediva uitgespreek. Junias Kandjeke sê die dorpsraad se finansiële state verteenwoordig nie die raad se finansiële posisie nie. Onder andere, het Kandjeke bevind die Ongwediva Handelskou se transaksies is nie met die dorpsraad gekonsolideer nie en die raad het geen jaarlikse indienings gedoen nie. Die dorpsraad verminder ook die waarde van sy grond omdat hy dit koppel aan geboue wat verkeerd is en het ook nie al sy oop grond verklaar nie. Die oudit opinie is een van vele wat die ouditeur-generaal teen dorpsrade uitgereik het.