Nuwe wetgewing kan dalk kragverspreiding verbeter – Nersa

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika sê die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering sal hopelik die uitdaging van elektrisiteitsverspreiding oplos. Die wetsontwerp is van kardinale belang om Suid-Afrika se kragnetwerk op te knap, ván transmissietoegang tot prys- en lisensieregulering. Die wysiging sal die ontbondeling van Eskom na drie entiteite, naamlik opwekking, transmissie en verspreiding moontlik maak. Nhlanhla Gumede van Nersa sê die kwessie van energieverspreiding is ‘n langdurige probleem: