Nog ‘n kenner sê vleis bo die rooilyn moet net verwerk word

Die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië bly ‘n kontensieuse kwessie. Landboukenners reken dat daar eerder gewerk moet word om beesvleis noord van die rooilyn te prosesseer as om te veg vir die lyn se verwydering. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurder van Feedmaster, Jaco Labuschagne, gesels oor of ons nie in plaas van om te veg om die lyn te verwyder, beesvleis van oor die rooilyn kan verwerk om waarde tot die beeswaardeketting toe te voeg en die land en streek te voorsien nie.