Mushelenga was sy hande van die Beukes-New Era sage
Tydens die aankondiging van die kabinet se resolusies, het die inligtingsminister, Peya Mushelenga die voortslepende sage van New Era se besturende redakteur, Johnathan Beukes aangespreek. Die mediavakbond Nampu eis antwoorde by die minister omdat New Era onder staatsbeheer is maar, Mushelenga sê dit is ‘n arbeidskwessie. Hy was sy hande.