Los grensgeskil met SA nou op, vra adjunk-premierOctober 12, 2023

Adjunk-premier en internasionale betrekkinge-minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, vra vir ‘n spoedige oplossing van die Oranjerivier-grensgeskil met Suid-Afrika. Namibië en Suid-Afrika stamp al sedert 1993 koppe oor die presiese ligging van die grens. Nandi-Ndaitwah het tydens die opening van die ministeriële vergadering tussen die twee lande die hoop uitgespreek dat die kwessie omvattend tydens hierdie sessie behandel sal word, en dat dit vriendskaplik opgelos sal word.