Hamas moet gyselaars vrylaat – VN
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres vra dat alle Israelse gyselaars wat in Gaza aangehou word, onmiddellik vrygelaat word. Die militante Hamas-groep hou volgens berigte tot 150 gyselaars in Gaza aan. Die sterftesyfer in Israel ná die aanvalle deur Hamas staan nou op 1 200, terwyl meer as 1 100 mense in Israelse aanvalle op Gaza dood is. Guterres vra ook dat lewensnoodsaaklike voorrade soos brandstof, kos en water na Gaza geneem mag word: