Eenheidsregering gevestig in Israel
Israel het ‘n nood-eenheidsregering gevorm terwyl dit Gaza bestook om Hamas uit te roei, en magte noord van die digbevolkte Palestynse enklawe ontplooi, waar die militantes sê hulle steeds veg ná hul oorgrensaanval. Eerste Minister Benjamin Netanyahu het ingestem om ‘n oorlogskabinet saam met Benny Gantz, voormalige verdedigingsminister en sentristiese opposisiepartyleier, te vorm om geheel en al op die konflik te fokus, lui ‘n gesamentlike verklaring van Gantz se Nasionale Eenheid-party. Israel se dodetal het tot 1 200 gestyg met meer as 2 700 beseerdes, volgens sy weermag.