De Kock sê kolflys moet vandag bestendig wees

Die Suid-Afrikaanse kolwer en paaltjiewagter, Quinton de Kock, glo die Proteas se kolflys moet meer bestendig wees om as een van die bestes ter wêreld bestempel te word. Die Proteas het hul Eendag-wêreldbeker-veldtog in Indië op ‘n wennoot begin deur ‘n oorwinning van 102-lopies oor Sri Lanka te behaal. Vandag pak hulle hulle ou teenstanders, Australië. De Kock, wat aan die einde van dié toernooi uit internasionale krieket sal tree, sê hulle verwag ‘n taai stryd teen Australië: