Caprivi-groep woedend na visserman se martelingOctober 12, 2023
‘n Capriviaanse visserman is verlede week deur die Botswana-weermag ontvoer, volgens Edwin Samati, sekretaris-generaal van die Caprivi Concerned Group. Die visserman is gemartel en in ‘n sloot gegooi, waar hy gevind is. Die groep het die saak by die polisie in die Zambezi-streek aangemeld, maar beweer niks is daaraan gedoen nie. Samati sê voorvalle soos hierdie gee die Botswana-weermag toestemming om Namibiese vissermanne te mishandel en dood te maak omdat die land se veiligheidsmagte kop in een mus is met hulle.