Burgerlike organisasies vaar teen Gwede uit

Burgerlike organisasies het met mening teruggekap teen die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, nadat hy hulle daarvan beskuldig het dat hulle ontwikkeling in opkomende lande belemmer. Mantashe beweer nie-regeringsorganisasies belemmer ontwikkelingspogings in ontwikkelende lande en beweer dat hulle befondsing van buitelandse regerings ontvang. Die minister het ook in die hof slae gekry in sake teen die NRO’s oor kwessies wat verband hou met olie- en gas-eksplorasie en die energiekrisis. ʼn Woordvoerder van The Green Connection, Liz McDaid, moedig Mantashe aan om met die burgerlike samelewing saam te werk eerder as om in konfrontasie betrokke te raak: