Brandstofpryse sal aanhou styg – ekonoom

Oliepryse het met meer as 2 persent gedaal, aangesien vrese vir ontwrigting van voorrade weens konflik in die Midde-Ooste afgeneem het ‘n dag nadat die top produsent van Opul, Saoedi-Arabië, belowe het om die mark te help stabiliseer. Brent het aan die begin van die week met meer as 3 Amerikaanse dollar 50 gestyg weens kommer dat die konflik tussen Israel en die Hamas kan eskaleer in ‘n breër konflik wat wêreldwye olievoorsiening kan ontwrig. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa in die Paarl, gesels wat sê brandstofpryse in Namibië sal in die volgende maande aanhou styg.