Berseba soek boorgate

Watervoorsiening word ‘n uitdaging in verskeie gebiede met NamWater se hoof Abraham Nehemia wat vroeër bevestig het boorgate sal vir Omaruru geboor moet word omdat die gebied nie genoeg reën ontvang het nie. Nou adverteer Berseba-dorpsraad vir aanbiedings deur ingenieurs om twee boorgate te boor sowel as om pyplyne en ‘n watertoring vir die dorp te voorsien. Die dorpsraad sê die suksesvolle bieër sal ook die projek moet bestuur. Aansoeke moet teen 22 November ingedien wees.