Zimbabwe opposisieparty herroep parlementslede
Zimbabwe se opposisieparty, Citizens Coalition for Change, het 15 Parlementslede van Bulawayo en Matabeleland-Noord herroep. Die herroeping is aangehits deur die party se selfverklaarde sekretaris-generaal, Sengezo Tshabangu. Dit het gelei tot ‘n regstryd aangesien die lede wat herroep is, dit in die hof gaan betwis. Partyleier Nelson Chamisa beskuldig Tshabangu van samewerking met die regerende Zanu-PF party in ‘n poging om die opposisie te ondermyn. Chamisa beweer dit is deel van Zanu-PF se strategie om die opposisie te vernietig.