SA se 2022-sensus: Witmense neem af tot 7,3% van bevolking

Statistieke Suid-Afrika het bekendgemaak dat die bevolking in die buurland die afgelope dekade aansienlik gegroei het tot 62 miljoen, wat ‘n toename van 19,8 persent verteenwoordig sedert die sensus van 2011. Die sensusdata vir 2022 toon die meerderheid van die bevolking bestaan uit swart Afrikane, altesaam 81,4 persent. Die wit bevolking het afgeneem van 11 persent in 1996 tot 7,3 persent verlede jaar. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het met die oorhandiging van die Sensus 2022-verslag aan president Cyril Ramaphosa gesê toegang tot basiese dienste, deelname aan onderwys en toegang tot die internet het ook oor die jare verbeter: