Ramaphosa verwelkom sensusdata, goed vir ontwikkeling
President Cyril Ramaphosa het Statistieke Suid-Afrika geloof vir sy vernuwende denke met die inwin van data vir die sensus tydens die Covid-19-pandemie. Hy het die amptelik die Sensus 2022-verslag ontvang van die statistikus-generaal, Risenga Maluleke. Gauteng en KwaZulu-Natal bly die digsbevolkte provinsies met bevolkings van onderskeidelik 15 en 12,4 miljoen. Die Wes-Kaap het ‘n bevolking van 7,4 miljoen. Ramaphosa sê die sensus gee die regering data om aksieprogramme in te stel: