Putin skaar hom (effe) by Palestina
Russiese president Vladimir Putin het Washington daarvan beskuldig dat hy ‘n pro-Israel-beleid teen die belange van Palestina volg. Hy sê dat die konflik ‘n duidelike voorbeeld is van die mislukking van Amerikaanse beleid in die Midde-Ooste. Hy sê Washington het probeer om die konflik te reguleer, maar het nooit gepoog om kompromieë te vind wat vir beide kante aanvaarbaar is nie. Die Amerikaners het ook nie die fundamentele belange van die Palestynse volk in ag geneem nie. Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, het vroeër gesê die skepping van ‘n Palestynse staat is die betroubaarste oplossing vir vrede in Israel.