Nuwe spelers vir rugby Heldesaal
Die voormalige Springbok-vleuel, Bryan Habana, en nog vier spelers word op die 29ste van hierdie maand in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die ander is die voormalige losskakel van die All Blacks, Dan Carter, Thierry Dusautoir van Frankryk, George Smith van Australië en Juan Martin Hernandez van Argentinië. Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, ook lid van die Heldesaal, beskryf die vyftal as legendes van die spel. Die seremonie sal deel vorm van die jaarlikse toekenningseremonie na afloop van die Wêreldbekertoernooi, wat die 28ste eindig.