Israel oortree internasionale wette
Die Verenigde Nasies waarsku oor ‘n dreigende humanitêre krisis in Gaza terwyl gevegte tussen Israel en Hamas steeds uitkring. Volgens die VN is minstens 200-duisend van die 2,2-miljoen inwoners sonder heenkome na hulle uit hulle huise gevlug het. Die VN se humanitêre koördineerder, Lynn Hastings, sê Israelse owerhede het die watertoevoer na Gaza afgesny wat die beskikbaarheid van drinkwater, wat reeds skaars is, verder verminder. Toegang tot krag, voedsel en brandstof is ook geblokkeer wat die situasie verder vererger. Hastings dring aan by alle partye om hulle verpligting ingevolge internasionale humanitêre reg na te kom. Die EU se verteenwoordiger van buitelandse sake en sekerheid Josep Borrell se die blokkade op Gaza is teenstrydig met internasionale wette.