Internasionale Dag van die Meisiekind vandag herdenk
Dit is vandag Internasionale Dag van die Meisiekind met die tema: Belê in Meisies se regte: ons leierskap, ons welstand. Die dag fokus op meisies se uitdagings en wil hulle bemagtig en hulle menseregte vervul. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê daar sal net geregtigheid en insluiting wees as vroue en meisies se regte, én ekonomieë, wat vir almal werk, verseker word. Hy sê mense moet hulle hertoewy om ʼn wêreld te bou waar elke meisie kan lei en floreer.