Hezbollah gewaarsku om in sy baan te bly
Die VSA en sy bondgenote waarsku Libanon se Hezbollah, wat deur Iran befonds word, om nie betrokke te raak by die oorlog tussen Israel en Hamas nie. Daar is vrese dat die konflik in die streek kan uitbrei. Amerika het reeds die USS Gerald R. Ford-vliegdekskip na die gebied gestuur en daar is sprake dat die Eisenhower by hom kan aansluit. Die VSA se nasionale sekuriteitsadviseur Jake Sullivan het met die media gepraat.