Hamilton beboet met N$1m

Mercedes se Britse renjaer, Lewis Hamilton, is met ‘n miljoen Namibiese dollar beboet omdat hy ‘n renbaan oorgesteek het tydens die naweek se Formule Een Grand Prix in Katar. Die helfte van die boete is vir die res van die seisoen opgeskort. Die sewemalige wêreldkampioen het vroeg uitgetree nadat hy en sy spanmaat, George Russell, gebots het, waarna hy die baan oorgesteek het om terug te keer na die kuipe. Hamilton is nie beboet vir die botsing nie. Die wedrenbeamptes sê hy besef hoe gevaarlik die situasie kon gewees het.