Haas julle met aanpassings aan kieswet

Die sekretaris-generaal van die Nudo-party Joseph Kauandenge het in die Nasionale Vergadering gemaan dat aanpassings aan die kieswet bespoedig moet word. Hy het melding gemaak van die bykomende registrasie van kiesers, waaraan aanpassings gemaak is, sowel as die bepaling dat kiesers met net hulle ID-dokumente kan registreer. Hy verwelkom die aanpassings maar sê hulle moet nie stof lê en opgaar op ‘n lessenaar nie.