Brave Gladiators se laaste kans om deur te dringOctober 11, 2023

Namibië se nasionale vroue sokkerspan, die Brave Gladiators, het nog een kans om na die uitkloprondes van die Cosafa vroue-kampioenskap in Gauteng deur te dring wanneer hulle vanmiddag teen Lesotho te staan kom. Die Gladiators het in hul eerste wedstryd teen Botswana met een-elk gelykop gespeel, en hul tweede wedstryd teen Zimbabwe 2-0 verloor. Hulle het sover een punt in Groep C, maar kan deurgaan na die volgende ronde as hulle die kragmeting wat tans aan die gang is wen.