Beleggingsraad ‘moet na ministerie geskuif word’
Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging wil hê die Namibiese Beleggings- en Bevorderingsontwikkelingsraad moet uit die Kantoor van die President verwyder word, en na die openbare ondernemingsministerie geskuif word. Die groep wil ook hê dat die ministerie handelsooreenkomste met beleggers beding. Hierdie aanbevelings is vervat in ‘n post-pandemiese verslag oor die stand van besighede in Namibië, deur die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Black Business Leadership Network van Namibië, Eliphas Simon, hieroor gepraat.
Simon sê verder dat die raad nie Namibië moet verteenwoordig nie.