Angola vertraag verwydering van brandstofsubsidies
Angola gaan die verwydering van brandstofsubsidies vertraag om ‘n herhaling van betogings in Junie te vermy oor ‘n byna verdubbeling in petrolpryse waarin minstens vyf mense dood is. Die buurland se regering het beplan om alle subsidies teen 2025 te verwyder. Angola het in 2022 rondom 2,3 miljard Amerikaanse dollar aan brandstofsubsidies bestee, meer as 40 persent as wat hy aan maatskaplike programme bestee het. Ekonomiese groei sal waarskynlik vanjaar net 1,09 persent wees, laer as ‘n voorspelling van 3,3 persent in die 2023-begroting, as gevolg van lae olieproduksie. ‘n Liter petrol kos tans 6 Namibiese dollar 90 sent in die buurland.