Amushelelo se vrou het kommer oor sy hongerstaking

Betogers het vanaf Walvisbaai by die Katutura-jeugkompleks bymekaar gekom met jongmense van Windhoek wat tans by hulle aansluit vir die betoging om borg vir Michael Amushelelo te bekom. Sy saak in verband met die werkloosheidprotes in Windhoek op 21 Maart kom vandag in die Katutura-landdroshof voor. Hy is tot dusver borg geweier. Sy vrou, Julieta het met Kosmos 94.1 Nuus op die toneel gepraat. Sy sê haar man se hongerstaking wek kommer.