Wees geduldig op paaie, maan polisie-verkeershoof

Motorongelukke is die derde grootste oorsaak van sterftes in Namibië, en die Motorvoertuigongelukke Fonds sê 72 persent van ongelukke in 2022 was die gevolg van menslike gedrag. Adjunk Kommisaris Petrus Swartz, die hoof van Nampol se verkeersafdeling, was oor die naweek besig met ‘n projek om ongelukke op die nasionale paaie te verminder toe hy eerstehands vele gevalle van swak bestuur waargeneem het. Swartz het Kosmos 94.1 Nuus gekontak en maan bestuurders om geduldig te wees.