Wang Hui ontsnapping: Twee beamptes skuldig
Plaaslike media berig dat twee van die drie beamptes van die korrektiewe diens wat geskors is na die renosterhoring-smokkelaar Wang Hui ontsnap het, is skuldig bevind. Hulle is skuldig bevind aan pligversuim. Die ondersoek na die gedrag van die derde beampte is nog nie voltooi nie. Die twee beamptes is boetes opgelê en sal weer hul pligte hervat. Wang het op 17 Oktober verlede jaar by Brakwater ontsnap na hy na die diens se perseel in die gebied gereis het en toe materiaal by ‘n verskaffer gaan haal het. Hy is in 2016 skuldig bevind toe hy 14 renosterhorings en ‘n luiperdvel probeer uitsmokkel het.