SA Joodse gemeenskap bied ondersteuning aan Suid-Afrikaners in Israel

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes en die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie is ontsteld oor die gruwelike gebeure in Israel en sê Hamas het onuitgelokte aanvalle op onskuldige Israeliese burgerlikes van stapel gestuur. Volgens die organisasies sluit dit ‘n bloedbad op tieners by ‘n musiekfees, die ontvoering van kinders en bejaarde vroue en die dood van hulpelose babas op straat in. Die voorsitter van die Sionistiese Federasie, Rowan Polovin, het tydens ‘n inligtingsessie gesê hulle kommunikeer deurgans met Israel en monitor die situasie.