Oud-Wallabieskaptein vra dringende ingryping na Wêreldbeker ramp

Australië se voormalige kaptein, Stephen Moore, vra dringende ingryping om dié sport in die land te red nadat die Wallabies die eerste keer ooit nie die Wêreldbekertoernooi se groepsfase oorleef het nie. Hulle is uitgeskakel toe Fidji teen Portugal verloor, maar steeds ʼn bonuspunt verdien het. Moore sê indien hulle wel naelskraaps die kwarteindronde gehaal het, sou dit slegs die krake toesmeer wat reeds jare lank aan die ontwikkel is. Hy sê die sport moet in diepte herstel word om te keer dat Australië ʼn tweederangse rugbynasie word. Rugby Australië beplan ʼn onafhanklike hersiening.