Olieprys styg met oorlog in Israel
Internasionale oliepryse het opgeskiet ná die naweek se toename in vyandelikhede in die Midde-Ooste. Hamas se onverwagte aanvalle op Israel, gevolg deur Israel se oorlogsverklaring, het kommer verhoog oor ru-olievoorrade uit die streek, nadat Rusland en Saoedi-Arabië reeds hul uitset gesny het. Brent het op net bo 84 Amerikaanse dollar ‘n vat geopen en verhandel op die oomblik net onder 88 dollar.