Katar se GP was taaiste toets ooit
Formule Een-renjaers beskryf die Grand Prix in Katar as die taaiste fisiese toets ooit en vra dat die program verander word. Die wedren het in ondraaglike hitte plaasgevind en een deelnemer het gesê dit moes 80-grade Celsius binne-in sy voertuig gewees het. Sommige bestuurders het naar geword terwyl Williams se Amerikaanse bestuurder, Logan Sergeant, na 40 rondes weens die hitte onttrek het. Red Bull se Nederlandse renjaer, Max Verstappen, het die wedren gewen nadat hy sy derde agtereenvolgende kampioenskap beklink het toe hy Saterdag se snelren gewen het.