Israel-korrespondent moes vlug tydens telefoniese onderhoud

Israel het volgens wat berig word 100 000 reserwetroepe in die land se suide byeengeroep nadat die regering oorlog teen Hamas verklaar het uit weerwraak vir sy verrassingsaanval vanuit die Gaza-strook. Hamas val steeds die land aan maar, Israel het reeds begin met sy vergeldende lugaanvalle en meer as 150 behuisingseenhede regoor Gaza is vernietig. Die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê ‘n skool waar meer as 225 mense skuil, is regstreeks getref. Kosmos 94.1 Nuus het met Ilse Strauss, ons spesiale korrespondent in Israel gepraat. Terwyl sy op die lyn was, moes sy  inderhaas vlug omdat die lugaanval-sirene geaktiveer is.