GRN vra vir skietstilstand in Midde-Ooste, eis steeds vrye Palestynse staat

Die Namibiese regering sê hy het groot kommer oor die geweld in die Midde-Ooste, veral omdat burgerlikes sterf. Terwyl die regering steeds ‘n beroep vir ‘n onafhanklike Palestynse staat doen, sê Penda Naanda, uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge, dat beide kante alle vyandighede en aanvalle moet staak.