Claudia Golden wen Nobelprys vir Ekonomie
Die Amerikaanse ekonomiese geskiedkundige Claudia Goldin het die 2023 Nobelprys vir Ekonomie gewen vir haar werk wat loonongelykheid tussen mans en vroue ondersoek. Die gesogte toekenning, is die laaste van vanjaar se Nobelprys-reeks. Goldin het die eerste omvattende verslag verskaf van vroue se verdienste en arbeidsmarkdeelname deur die eeue en onthul die oorsake van verandering, sowel as die hoofbronne van die oorblywende geslagsgaping.