Angolese polisie arresteer anti-regering protesteerders
Meer as 100 mense, insluitend vroue en bejaardes, is deur die polisie aangehou ná betogings in die ooste van Angola. Die plaaslike ministerie van binnelandse sake van die oostelike Lunda Sul-provinsie het in ‘n verklaring gesê ‘n groep het die openbare snelweg betree. Die betogers, ook kinders insluit, het teen die regering betoog, hoë lewenskoste, beweerde staatskorrupsie en dienslewering. Volgens die owerhede het die betogers in rebellie opgetree deur klippe en skerp voorwerpe te gooi en twee polisievoertuie te beskadig.