Amushelelo moet vrygelaat word, sê NEFF
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo, wat steeds in aanhouding is, verskyn Woensdag in die Windhoekse landdroshof op klagte wat verband hou met ‘n mislukte protesoptog teen jeugwerkloosheid in Maart. Sy vrou, Julietta, het volgens berigte gesê sy gaan ‘n optog reël om sy vrylating te eis. Amushelelo is borgtog geweier nadat hy borgvoorwaardes in twee soortgelyke sake oortree het. Kosmos 94.1 Nuus het met visepresident van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters, Longinus Iipumbu, gepraat wat sê genoeg is genoeg. Hy beweer Amushelelo het geen misdaad gepleeg nie en hy verdien om vrygelaat te word.