Trump verloor bod om siviele bedrogverhoor te staak
Donald Trump se siviele bedrogverhoor sal volgende week voortduur nadat die voormalige president gister ‘n bod verloor het om die verrigtinge te staak terwyl hy ‘n voorverhoor-uitspraak beveg wat hom van Trump Tower en ander eiendomme in New York kan ontneem. ’n Regter van die appèlhof het Trump se poging om die verhoor te onderbreek afgewys, maar het ingestem om hom vir eers in beheer van sy eiendomme te laat. Trump het die eerste drie dae van die verhoor in die regsgeding van die prokureur-generaal van New York, Letitia James, bygewoon en voor TV-kameras gal gebraak oor wat hy as ‘n “heksejag en ‘n skande” beskou. “Nog ‘n hof het sy pogings om geregtigheid te ontduik vir sy jare lange bedrog ontken. Maar Donald Trump leef in ’n fantasiewêreld waar geld op bome groei en feite nie saakmaak nie,” het James in ‘n verklaring gesê.