Straatkinders ernstig beseer in geveg om kos

Die omvang van armoede en hongersnood in die land is weer onderstreep toe ‘n groep straatkinders in ‘n geveg om kos betrokke geraak het en mekaar ernstig met gebreekte bottels beseer het. Volgens adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas polisie het die voorval vroeg vanoggend plaasgevind by die KFC naby die Wika diensstasie en Wernhill in die hoofstad. Hy deel meer.