Kripto-swendelaars nou ook in Namibië werksaamOctober 7, 2023

Kommissaris Nelius Bekker, die direkteur van die nasionale forensiese wetenskapsinstituut van Namibië, sê ‘n geraamde bedrag van 5 miljard Amerikaanse dollar is verlede jaar wêreldwyd gesteel in bitcoin- en kripto-geldeenheid-swendelarye. Die bedrywighede word “varkslagter” genoem en het ook die Namibiese nasie geïnfiltreer. Bekker het die statistiek bekendgemaak by ‘n Nampol perskonferensie waar die polisie meer gedeel het oor die arrestasie van dosyne verdagtes in die hoofstad wat na bewering ‘n kripto-bedrogspul bedryf het.